Website designed and powered by XrossBeat Media

© 2015  -  Esti

Share on Facebook Share on Twitter Share on Google Bookmarks Share via e-mail
Tuis Biografie Optredes Fotos Videos Winkel Kontak Esti

Biografie

Met verskeie nommer een enkelsnitte en toekenings agter haar naam; waar onder haar liedjie “Blessed” nommer een behaal het op Britse en Suid-Afrikaanse radio stasies, is Esti beslis een van die mees gesoute en vervulde Gospel sangeresse in Suid-Afrika. Van ‘n ATKV Lier-toekenning vir haar album “Geen Geheim”, tot ‘n benoeming vir ‘n Crown-toekenning vir haar album “Breek die Ruite”, het die toekennings in gerol gekom met elke nuwe album. Boonop was die enkelsnit “Blessed” die heel eerste Suid-Afrikaanse liedjie wat op die Britse kompilasie “Ministry of Sound” verskyn het. Met so baie wat sy reeds bereik het, staan Esti op die brink van ‘n hele nuwe seisoen, ‘n vars begin, in haar lewe.


In Desember 2012 het Esti aan haar beste vriend en lewensmaat Bartel trou gesweer, ‘n wonderlike geleentheid van liefde en ‘n nuwe begin. Wat veronderstel was om ‘n pragtige tyd in hul lewens te wees het in hartseer ontaard toe hulle droom om ouers te word aan skerwe gelê het weens gesondheids komplikasies. In die moeilike tyd van donker het Esti by die Here se voete gaan neer lê en nooit ophou glo nie. In vroeg 2014 het die goeie tyding en wonderwerk gekom; Bartel en Esti gaan Pappa en Mamma word!


Esti en Bartel se eerste kind sou haar verskeining maak in 2014, maar weens komplikasies was klein Angelé vroeg gebore.  Die klein prinsessie was vir weke na haar geboorte ernstig in ICU, en die klein wonderwerk wat Esti sou ontvang, was amper te goed om waar te word.  Maar met baie gebed en ondersteuning van familie en vriende, is Angelé vandag gesond en ‘n klein bondeltjie vreugde.


Esti se eerste album met die treffer snit “Staan Vas” was ‘n groot sukses, met die lied wat tot 16 weke die nommer een posisie op verskeie radio stasies beklee het.  Haar 2de album het ook groot sukses behaal en nominasies in gepalm. Haar nuwe album beloof om voort te bou op dié sukses.


Tans hou Esti haar steeds besig met optredes en het nog nie tekens gewys van dinge rustig vat nie. Haar liefde en passie vir Jesus word weerspiel deur haar ywerigheid om te sing en haar bereidwilligheid om die gospel te versprei.   Sy is ook nog aktief betrokke as ambassadeur vir Toys 4 Africa; ‘n organisasie wat saam besighede en bekendes werk om ‘n verskil in minder bevooregtes se lewens te maak.


‘n Nuwe seisoen met nuwe uitdagings lê voor, van ma wees, tot ‘n nuwe lewe saam haar eggenoot Bartel, en ‘n nuwe album vol vars musiek in 2015. Dis baie maklik om die optimisme in Esti se glimlag en stem te glo, met so baie nuwe uitdagings en seëninge oppad is dit beslis die begin van ‘n hele nuwe hoofstuk in dié sangeres se lewe.


Esti se nuwe album “Lewe Nou” word eersdaags vrygestel en die laat Fredi Nest het ook ‘n groot gedeelte van die album geskryf. Die titelsnit van die album “Lewe Nou” , ook geskryf deur Fredi Nest, het ook op die God is Groot 2 album verskyn.